Die Paassiklus: Geleentheid tot geestelike verdieping

Druk
PDF

Tuesday” “Shrove

o    Hierdie  dag is okend aan die Gereformeerde tradisie, maar kan die Paasvierings verryk

o    Tradisioneel word die huis skoongemaak van alle soetgoed om voor te berei vir die vas wat op As Woensdag begin

o    Gewoonlik word pannekoek of wafwls gebak en uitgedeel

As Woensdag

o    40 dae voor Palmsondag

o    Geleentheid om self voor te berei vir Lydenstyd

o    Gee simbolies iets op vir Lydenstyd, bv vas van soetgoed of brood (tradisioneel was dit vleis)

o    Gebruik as van vorige jaar se Palmsondag om op kop te smeer

o    Herinner self aan die implikasies van Lydenstyd

o    Gebruik Eucharistie

Lydenstyd

o    Geen blomme of ander versierings indie kerk nie

o    Sing liedere wat by hierdie tyd pas

o    Versterk gelowiges gereeld in hulle afwagting na die Paasnaweek

Palmsondag

o    Sondag voor Paasnaweek

o    Gee aan gemeentelede palmblaar as herinnering

o    Verbrand die palmblare en bêre as vir volgende jaar se As Woensdag

Paasnaweek is die hoogtepunt van die kerklike jaar

Paas Donderdag

o    Nagmaal word saam gevier

o    Moontlike rituele voetwassing

o    Kerk word deur die loop van die diens stelselmtig donker gemaak en kerse word gedoof aan die hand van Jesus se sewe kruiswoorde sodat gemeente kerk in donker verlaat in afwagting op Goeie vrydg

Goeie Vrydag

o    Herdenking van Christus se sterwe

o    Gemeente vier saam Nagmaal

o    Geen blomme of versierings

o    Baie geleentheid vir stille nadenke

o    Geen kerse

o    Gemeente verlaat kerk sonder musiek

Saterdag:  Fees van die Lig

o    Fees in afwagting van Jesus se opstanding

o    Gemeente kom kerk binne in donker

o    Gaan na buite vir aansteek van Paasvuur en fakkel

o    Paaskers word deur fakkel aangesteek

o    Gemeente vorm prosessie om kerk met Paaskers voor

o    Paaskers word in kerk ingedra

o    Belydenis van geloof kan plaasvind

o    Doop kan plaasvind of bloot bevestiging van elke gelowige se doop

o    Gebruik Nagmaal

o    Lig word weer aangesteek

Paassondag

o    Klokke lui

o    Fees der feeste

o    Baie blomme

Lewer jou kommentaar hier, asb.


Gesels saam

Dagboek

Geen gebeure

Skakels

Banier