Byeenkomste

Algemene byeenkoms

Druk
PDF

Wat is ‘n algemene byeenkoms

Dit is die geleentheid waar al die vrouelidmate van die gemeente bymekaar kom.  Hier kan die vrouelidmate ervaar dat sy nie net deel van die klein groepie in haar wyk is nie, maar dat sy ook deel van ‘n groter geheel, naamlik die bepaalde gemeente is.

Natuurlik hoef dit nie net ‘n geleentheid vir die dames alleen te wees nie.  Die hele gemeente is welkom, afhangende van die doel van die byeenkoms en die teikengroep – diegene vir wie die byeenkoms spesifiek gereël is.

Wyksbyeenkomste

Druk
PDF

(Ons verleen hiermee erkenning aan die Vrystaatse Sinode se Vrouebediening vir inligting oor die Wykstelsel)

Wykstelsel

(Slegs vir gemeentes wat ‘n wykstelsel vir vrouelidmate het)

Wat is ‘n wyk?

Binne ‘n gemeente is die wyk een van die belangrikste groepe.  ‘n Vrouelidmate wyk bestaan uit ‘n besondere groepie gelowiges wat geografies ‘n eenheid vorm.  Elkeen in die wyk het bepaalde gawes en talente wat ons Here gebruik om sy kinders geestelik te laat groei en ongelowiges aan Hom voor te stel.

‘n Wyk is ‘n kerk/gemeente in die kleine, maar mag nooit kerk op sy eie word nie, ‘n liggaam waarvan die een ledemaat nie sonder die ander ten volle kan funksioneer nie.  Die  inskakeling van elke vrou is uiters belangrik, want deur haar aktief te laat meeleef, raak die res van haar gesin ook betrokke.  Elke  vrouelidmaat is outomaties deel en lid van die Vrouebediening.  ‘n Aktiewe wyk word gekenmerk deur entoesiasme, warmte, meelewing en geestelike groei.  ‘n Passiewe wyk word gekenmerk deur negatiwiteit, koudheid, onbetrokkenheid en geestelike doodsheid.

Dit is noodsaaklik dat die wyk goed georganiseer moet word deur ‘n leier.

Attachments:
Download this file (Wyksbyeenkoms-net-oogknip.doc)Wyksbyeenkoms - Net ‘n oogknip! [Gesels oor die storie van liefde en die taxibestuurder]24 Kb
Download this file (Wyksbyeenkoms-No-shining-without-burning.doc)Wyksbyeenkoms - There is no shining without burning …[Die beeld van die kers, is ‘n goeie voorbeeld om jouself te gee – uit te druk – op te gebruik, tot voordeel van ander]31 Kb
Download this file (Wyksbyeenkoms-Roekelose-oorgawe.doc)Wyksbyeenkoms - Tema: roekelose oorgawe[TEKS: Sy het ‘n goeie daad aan my gedoen. Wat sy kon het sy gedoen. Mark 14: 6,8]26 Kb
Download this file (Wyksbyeenkoms-voetewas.doc)Wyksbyeenkoms - Kom ons gaan voete was ...[In die diens wat ons lewer wil onsself weggee – grensloos gee – teenoor almal!]26 Kb

Gesels saam

Dagboek

Geen gebeure

Skakels

Banier