Gemeentenuus: Swellendam

Druk
PDF

‘n Dankbare Jaar

Vir die vrouelidmate van Swellendam was 2012 ‘n dankbare jaar met wonderlike geleenthede. Ons eerste algemene vergadering gaan oor die liefde. Johannes 13:24 “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê.” Kyk na ander mense deur Jesus se oë.

Vrydagoggende het ons ‘n vrouebiduur en Bybelstudie-groepies in blokke word aangemoedig. ‘n Groot groep dames brei graag vir Herberg Kinderhuis en ook vir kinders in ons gemeenskap. Geslete denims of denim materiaal word ingesamel en 24 ou komberse is toe oorgetrek met denim laslappe. Toiletware word gevra vir die ouetehuis of behoeftiges in die gemeente. Daar is nie-bederfbare kos ingesamel vir die sopkombuis.

Twee binneshuisversierders het vir ons ‘n pragtige Valentynstafel vir twee leer dek. Ons eet heerlike soet poeding saam met liefde in Mei. Gedurende ons Pinkstertyd bedien ons sop en broodjies. Ons bedel geldjies om vir laerskoolkinders warm baadjies aan te koop en word oorweldig deur die meelewing van gemeentevroue want ons kon aan vier laerskole baadjies voorsien. Cooperstraat-kinderprojek word ook gehelp met die aankoop van skoolklere.

Gedurende Augustus het ons ons Vrouelidmate dankoffer-insameling gehad. Wonderlik om te kan gee! Op 4 Augustus het ons ook ‘n heerlike vroueontbyt gehad wat deur ons leraar en manslidmate gereël is kompleet met koerantpapier as tafeldoeke.

Ons vrouelidmate is ook elke Sondag verantwoordelik vir vars blomme of ‘n mooi potplant voor in die kerk.

Van die blokke se dames besoek ook ons plaaslike ouetehuis waar eetgoedjies uitgedeel word. Gedurende onthale vir bejaardes doen elke vrouelidmaat haar deel.

Ons afsluiting het gehandel oor vernuwing. Ons is eers herinner dat ons harte moet vernuwe en daarna het ‘n haarkapster, ‘n skoonheidsterapeut en ‘n laser- spesialis vir ons demonstrasies gehou. Matriekdogters het hul afskeidsrokke vir ons gewys.

Na afloop hiervan is aan 120 dames die pragtigste wafeltjies en tee bedien.

Verskeie Kersfeesdonasies is in 2012 aan die volgende instansies gemaak:

             Vrouediens van NGK in SA

             Huis Adaliah Sorg

             Cooperstraat-projekalt

             Dienssentrum

             Huis AA Tomlinson

             Badisa

             ACVV Swellendam

             Kerkraad van NG Kerk Swellendam

             Herberg Kinderhuis

Een van die projekte waarmee ons tans besig is, is om ons kerksaal se kombuis op te gradeer.

                So is ons op ‘n drafstap deur die jaar, maar met ‘n innige afhanklikheid en dankbaarheid aan ons Hemelse Vader wat alles moontlik maak.

Gemeentenuus Laingsburg

Druk
PDF

Gemeentenuus Laingsburg

Ons het tydens ‘n vroueverrykingsfunksie wat in die winter 2012 gehou is, stilgestaan by “Wat is jou droom ... vir Laingsburg?” Dit laat ‘n mens dink.

Almal het iewers ‘n droom. Wat is die werklikheid en waar begin ons drome verander in die werklikheid wat ons elke dag sien en waarmee ons elke dag gekonfronteer word? Orals sien en hoor ons dit: “Leef jou droom. Soek jou droom. Beplan jou drome”. Die droom wat ‘n werklikheid kan word.

Die oues en wyseres van dae, sal dalk sê: Lank gelede was daar ‘n droom ... Moet ons ooit ophou droom? Self al skud die realiteite van die gebroke lewe met sy koue hande die appelkar soms om ... Wat bly oor in ons harte en waar kan ons gaan om ons droom-emmertjies vol te maak as ons een dag wakker word en geen droom of visie meer in die lewe het nie?

Jesus is die Droomgewer. En soos Bruce Wilkinson in sy boek “Die Droomgewer” ons bewus maak op die reuse waarteen ons te staan kom in die soeke om ons drome te vind en uit te leef: Reuse in die vorm van mense wat negatiwiteit spreek oor ons kosbare pêrels of gedagtes van moedeloosheid. Of situasies wat vir die gewone ou “onmoontlik” lyk. Ons weet dat God die God is vir die onmoontlike. Hy spesialiseer daarin om meer te doen as wat ons ooit kan droom of dink. Glo ons dit werklik of weet ons dit net?

Mag Hy ons hand neem, om ons te lei deur die woestyn tot binne-in die beloofde land, na die droom wat Hy vir ons “gespaar” het, beplan het. Vir ons gesinne, families, die kerk en die gemeenskappe waarin ons elk geweef is.

 Ons droom vir Laingsburg is Vrede, Liefde, Eenheid en om die karakter van Jesus te leer én te lééf. Mag God drie-enig ons help en lei om die moed te hê om sy droom hier te wéét en te leef.

altDana Winner sing ‘n lied: “Dreams made to last forever”. Dit kan dalk na die “soetsappige” kant neig, maar so waar, dit het my net weer laat besef toe ek dit gister hoor dat God die Droomgewer is en Hy wil hê ons moet nooit ophou droom nie.

Dreams made to last forever.

 I keep them safe and warm inside;                                   Only to wake them one by one                                         Whenever time is right;                                                   One million stars in heaven;                              

One for every wish I made;                                                                                                                                 The oldest dream is peace on earth I know it's not too late.                                                                           People say, peace on earth will never come;                                                                                              That we won't live to tell. 

But you might as well keep on believing                                                                                                                                                                          In the strength of a dream;                                                                                                                                   In its silent power deep within                                                                                                                              I know, A brand new age is dawning; 

Day by day, I feel the changes growing.                                                                                                           In people's eyes, a light is glowing,                                                                                                         'Cause through it all, there's one thing I've learned;                                                                                  And that's never to give up on a dream”

 Vrede, vreugde en mooi drome wens ons vir u op u lewensreis saam met die Droomgewer. Mag God ons toerus om die reuse te onderskei en aan te durf in die strewe om ons drome 'n werklikheid te sien word.

Groete uit Laingsburg, en uit ‘n mooi Karoo. 

 

Gemeentenuus Langebaan

Druk
PDF

Gemeentenuus Langebaan

Die ou jaar is verby en 'n nuwe 2013 is al met 'n drafstap oppad met ons nuwe program en nuwe uitdagings. Ons onthou steeds van ons werksaamhede en bedrywighede van 2012 onder die tema “Vroue met Vlerke”. Die beplanning van funksies was 'n groot fees en ons was opge-wonde om die jaar te beplan met hierdie tema.

Vroeg in 2012 het Cheri Brynard, 'n jong vrou met down-sindroom ons kom toespreek met haar baie inspirerende lewensverhaal. Ons is bemoedig met die wete dat niks vir God onmoontlik is nie en dat ons, met “vlerke” wat ons ontvang, kan uitstyg bokant ons omstandighede, al lyk ons situasie vir onsself en die wêreld daarbuite ook hoe verdoemend. Tydens hierdie oggend het ons ook gehoor hoe ons ons beskermende “Arendsvlerke” kan gebruik om 'n hulp vir ander te wees in die lewe vol uitdagings.

'n Daaropvolgende funksie is gereël en die tema het verder kleur gekry toe Francois Grobbelaar van FASfacts ons meer kom vertel het van sy roeping rondom die reuse taak om alkoholmisbruik onder swanger vroue te beveg. Fetale Alkohol Sindroom is 'n uitvloeisel van 'n euwel in ons land en die opdrag in Spreuke 31:8 “Praat jy vir die wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van die wat te gronde gaan ...”, was 'n dringende oproep om in te tree vir ongebore babas. Soos 'n moederhen haar kuikens met haar vlerke beskerm, so is dit ook ons verantwoorde-likheid om in te tree vir hierdie ongebore wesentjies wat ongevraagd slagoffers is van hierdie euwel.

alt'n Visbraaidiens word jaarliks langs die meer in Langebaan gehou – 'n instelling wat jare gelede deur die kinderkrans begin is. Dis 'n groot voorreg om langs die meer te kan sit en jou gedagtes te laat gaan na die tyd toe Jesus langs die meer van Galilea, die Woord aan duisende mense bedien het. In ons geestesoog kon ons sien hoe die brood en vissies uitgedeel is. Die vroue van die gemeente het ook vars, tuisgebakte brood en gebraaide vissies voorgesit. Die manne het reeds vroeg die vure gepak sodat ons kon saamkuier nadat die Woord bedien is.

Ons Wêreldbiddag is gelei deur een van ons bekwame vroue wat met deeglike navorsing en voorbereiding vir ons 'n baie geseënde aanbieding kom doen het. Dieselfde diens is die volgende dag aan ons bejaardes in die aftreeoord aangebied.

Nuwe belydende lidmate kry ook spesiale aandag wanneer hulle as nuwe lidmate verwelkom word na die Belydenisaflegging. Tee en verversings word bedien net na afloop van die diens en dis altyd 'n heerlike kuieraand saam met ouers en kerkraadslede. Hierdie selfde groep jongmense word ook later in die jaar tydens 'n Matriek-diens gegroet. Hulle word versterk met die wete dat 'n hele gemeente vir hul finale skooleindeksamen en toekoms bid. Die vroue oorhandig aan alle matrieks wat die diens bywoon, 'n aandenking.

Teebediening na die erediens is ook 'n spesiale saamkuier-geleentheid. Lidmate kry geleentheid om mekaar beter te leer ken en dis ook 'n gulde geleentheid om die nuwe intrekkers te ontmoet. Sopbediening elke aand, na afloop van die Pinksterdienste, is ook 'n jarelange instelling. 'n Warm atmosfeer heers wanneer gemeente-lede saam sop geniet.

Die jaar is afgesluit met 'n Biefstuk-braai. Die vroue verkoop vooraf kaartjies om hul fondse te versterk. Die saal word spesiaal mooi gemaak en lidmate kom reeds van vroeg namiddag af om saam te kom kuier. Die gevoel van 'n naderende feesseisoen en beplanning aan vakansies, dra altyd by tot die gesellige atmosfeer van so 'n afsluitingsaand.

Dit was 'n besige jaar vir ons almal. Die ou bestuur het tuig neergelê en 'n splinternuwe groep vroue het oorge-neem. Die uittredenes het dit eens dat, hoewel daar altyd opofferings en swaarkry gepaardgaan met 'n dienstydperk, ons altyd versterk word met die belofte van 1 Kor 15:58: “... julle inspanning in diens van die Here (is) nie tevergeefs nie.” En dit beloon ons met 'n diepliggende vreugde dat Hy wat ons geroep het, getrou bly aan sy beloftes.

Gemeentenuus: Swellendam

Druk
PDF

‘n Dankbare Jaar

Vir die vrouelidmate van Swellendam was 2012 ‘n dankbare jaar met wonderlike geleenthede.

Ons eerste algemene vergadering gaan oor die liefde. Johannes 13:24 “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê.” Kyk na ander mense deur Jesus se oë.

Vrydagoggende het ons ‘n vrouebiduur en Bybelstudie-groepies in blokke word aangemoedig. ‘n Groot groep dames brei graag vir Herberg Kinderhuis en ook vir kinders in ons gemeenskap. Geslete denims of denim materiaal word ingesamel en 24 ou komberse is toe oorgetrek met denim laslappe. Toiletware word gevra vir die ouetehuis of behoeftiges in die gemeente. Daar is nie-bederfbare kos ingesamel vir die sopkombuis.

Twee binneshuisversierders het vir ons ‘n pragtige Valentynstafel vir twee leer dek. Ons eet heerlike soet poeding saam met liefde in Mei. Gedurende ons Pinkstertyd bedien ons sop en broodjies. Ons bedel geldjies om vir laerskoolkinders warm baadjies aan te koop en word oorweldig deur die meelewing van gemeentevroue want ons kon aan vier laerskole baadjies voorsien. Cooperstraat-kinderprojek word ook gehelp met die aankoop van skoolklere.

altGedurende Augustus het ons ons Vrouelidmate dankoffer-insameling gehad. Wonderlik om te kan gee!

Op 4 Augustus het ons ook ‘n heerlike vroueontbyt gehad wat deur ons leraar en manslidmate gereël is kompleet met koerantpapier as tafeldoeke.

Ons vrouelidmate is ook elke Sondag verantwoordelik vir vars blomme of ‘n mooi potplant voor in die kerk.

Van die blokke se dames besoek ook ons plaaslike ouetehuis waar eetgoedjies uitgedeel word. Gedurende onthale vir bejaardes doen elke vrouelidmaat haar deel.

Ons afsluiting het gehandel oor vernuwing. Ons is eers herinner dat ons harte moet vernuwe en daarna het ‘n haarkapster, ‘n skoonheidsterapeut en ‘n laser- spesialis vir ons demonstrasies gehou. Matriekdogters het hul afskeidsrokke vir ons gewys.

Na afloop hiervan is aan 120 dames die pragtigste wafeltjies en tee bedien.

Verskeie Kersfeesdonasies is in 2012 aan die volgende instansies gemaak:

             Vrouediens van NGK in SA

             Huis Adaliah Sorg

             Cooperstraat-projek

             Dienssentrum

             Huis AA Tomlinson

             Badisa

             ACVV Swellendam

             Kerkraad van NG Kerk Swellendam

             Herberg Kinderhuis

Een van die projekte waarmee ons tans besig is, is om ons kerksaal se kombuis op te gradeer.

 So is ons op ‘n drafstap deur die jaar, maar met ‘n innige afhanklikheid en dankbaarheid aan ons Hemelse Vader wat alles moontlik maak.

Gemeentenuus: Bonnievale

Druk
PDF
 Hap-en-stap-ete in BONNIEVALE  

Ons het vanjaar vanuit die hele gemeente staatmaker- ekonomiese resepte bymekaar gemaak, met die voorwaarde dat elkeen wat vir ons 'n resep gee haarself daartoe verbind om ook vir ons 'n oondbak van dié spesifieke gereg te maak.  Ons het pragtige resepteboekies laat druk en bind.  Op 1 Februarie het ons toe ons Hap-en-Stap-ete gehou.

altOns het kaartjies verkoop teen R35 pp.  Elkeen het met die inkom 'n kleinbordjie en vurkie gekry. Die saal het agt stasies gehad, met die ongeveer 90 geregte uitgestal op die tafels.

Resepteboekies was te koop by die deure, elke gereg was genommer en die nommer het ooreengestem met die resep in die resepteboekie.  So is geregte opgedeel in happie-groottes of happie-groottes is geskep van elke gereg. (L.W, slaaie, fudge, vleise, terte, groentes, poedings – alles deurmekaar!!) 

Die manne wat gedink het hulle sal nooit versadig kom nie, was dit eens – hulle het hulleself totaal en al ooreet!! Watter normale bord kos bestaan immers uit ongeveer 90 happies kos? Ons opkoms was uit-stekend en ons het mense betrek wat nooit andersins na 'n gemeente-ete sou kom nie.  Wat die heel lekkerste was, was die heerlike, gesellige en ontspanne atmosfeer wat geheers het en die lekker saamlag en kuier!  alt

Almal was dit eens – doen dit asseblief weer!  Nie-mand het hulleself doodgewerk nie en agterna was daar nie veel opruimwerk nie, aangesien almal weer hulle bakke en dit wat   oor was huis toe geneem het. 

Ons het dit in die heel eerste plek gedoen om as gemeente iets saam te kan doen, maar almal doen dit mos ook maar vir die finansies. Ons het baie, baie meer gemaak as wat ons ooit sou kon met 'n gemeente-ete! 

Ons het  'n baie spesiale Wêreldbiddag vir Vroue beleef in Bonnievale op  28 Februarie.  Ons is eerstens op 'n eg Franse wyse by die deure ontvang deur "Franse meisies" met 'n "Bonjour",  terwyl die Franse musiek ons al vanuit die straat begroet het.  Ons het die kerkportaal binnegestap en 'n eg Franse toneel het ons begroet. 

Ook was ons blomme eg Frans en is die Eiffeltoring baie kunstig uitgebeeld in die landskleure, met doeke en wit en rooi blomme, Franse brode, Franse sjampanje en laventel daarby.  Die boodskap, Ek was 'n vreemdeling en jy het my verwelkom, het ons opnuut aan die dink gesit en ons weer aan die hart gegryp. Na toneeltjies, getuienisse, 'n heerlike kanon lofsang en innige voorbidding, het elke persoon met die uitstap 'n warm croissant ontvang op 'n wit, rooi en blou servet. Vooraf is gevra dat ons vroue voor hulle dit die aand eet, een persoon wat swaarkry en wat die Here op hulle hart lê, aan die Hom op te dra in gebed.

Gesels saam

Dagboek

Geen gebeure

Skakels

Banier