|
03 Mei 2012
Wat dink jy was die no 1 toe aan mense, in verskeie lande, gevra is wat hulle die meeste begeer? Lang lewe, mooi huis, Mercedes……..? No 1 was om gelukkig te wees!!
Goeie keuse! Navorsing wys dat gelukkige mense langer lewe, ander hou meer van hulle, hulle trou makliker en bly langer getroud, word ouer en leef langer, het beter verhoudings, is meer suksesvol, is gesonder, is meer produktief, beter selfbeeld, beter leiers. Wow! Genoegsame rede om dit ‘n doelwit te maak!
Mites oor Geluk
- Geluk moet gevind word: Nee, dis ‘n keuse wat jy moet maak;
- Geluk lê in veranderde omstandighede: Omstandighede het weinig invloed op jou welwese;
- Jy het dit of jy het dit nie: Jy het beheer daaroor.
Interessante navorsing bewys dat 50% van jou geluk wel geneties is m.a.w. jou voorvaders en ouers, 10% is wel omstandighede gedrewe (moeilike tye), 40% is in jou beheer. Dis juis aan hierdie 40% wat ons dus iets kan doen.
Depressie –geen
Depressie word geassosiëer met ‘n spesiefieke geen nl 5-HTTLPR. In Nieu-Zeeland is gevind dat daar wel mense is wat hierdie geen het , maar nie depressief geword het nie. Hoekom nie? Mense wat baie gelukkig, positief en emsioneel intelligent was, het nie depressie ontwikkel nie. Nog ‘n rede vir geluk!!
Selftoets: My vlak van gelukkigheid
Wees baie eerlik met jouself en probeer nie om jou beter voor te stel nie. Vir elk van die volgende stellings en/of vraag, sirkel die syfer wat jou op die oomblik die beste beskryf:
- 1. Ek sien myself as gewoonlik
1 2 3 4 5 6 7
Nie baie gelukkig baie gelukkig
- 2. In vergelyking met my tydgenote, sien ek myself
- 1 2 3 4 5 6 7
Minder gelukkig meer gelukkig
- 3 Sommige mense is oor die algemeen gelukkig. Hulle geniet die lewe t.s.v. wat aangaan. Hoe ‘n mate beskryf dit jou?
1 2 3 4 5 6 7
Glad nie Grootliks
- 4 Sommige mense is meestal ongelukkig. Alhoewel hulle nie depressief is nie, is hulle nooit gelukkig soos hulle hoort te wees nie. Tot watter mate is dit waar van jou?
1 2 3 4 5 6 7
Grotendeels Glad nie
Kry nou die total van die getalle wat jy omsirkel het en deel deur 4. As jou gemiddeld 5 is, is dit aanvaarbaar. Hoër as 5 is beter.
PAD NA GEGLUK!
Sonja Lyubomirsky het navorsing met duisende mans en vrouens gevind dat daar twaalf intervensies is wat mense gelukkig maak. Alhoewel dit sielkundige navorsing was, sal jy verbysterd wees om te sien hoeveel van hierdie dinge die Bybel ons ook maan om te doen!! Ons dien darem ‘n wonderlike God met ‘n Lewende Woord! Ons moet net meer doen wat Hy sê!
GELUKS-INTERVENSIES VIR BLYWENDE GELUK
- Leef ‘n lewe van dankbaarheid (Fil 4:4): Bepaal elke aand in jou stilteyd wat is die 5 dinge waarvoor jy daardie dag dankbaar kan wees.
- Leef ‘n lewe van optimisme. Optimiste gee nie maklik op nie. Dink aan Thomas Edison en die gloeilamp! Sien meer oor optimisme in my vorige artikel.
- Doen goeie dinge aan ander (1 Tim 6:18). Koppie sop waar nodig, klere vir behoeftiges….
- Vertroetel goeie verhoudinge.
- Ontwikkel strategieë om te cope (Rom 5:5). Die van julle wat my boek oor EI het, kyk na die ABCDE tegniek, strestegnieke…
- Leer om te vergeet en te vergewe. Onthou wat Madiba gesê het toe hy losgelaat was: “When I walked out of the gate, I knew that if I continued to hate these people, I was still in prison!”.” Onse Vader” in praktyk?! Sê TOTSIENS aan die verlede.
- Hou op om jou te bekommer! Ralph Emmerson het gesê: “Finish each day and be done with it. You have done what you could; some blunders and absurdities have crept in: forget them as soon as you can. Tomorrow is a new day; you shall begin it serenely and with too high a spirit to be encumbered with your old nonsense.” Onthou uit ‘n vorige geselsie van ons: 5 minute van negatiwiteit het ‘n ses uurlange negatiewe effek op jou immuunsisteem!
- "FLOW”: Doen meer van daardie dinge waar die tyd stilstaan en jy jou net gate uit geniet. Bv lees, naaldwerk, musiek luister… Jy kan “flow” bewerkstellig terwyl jy onbenullige take doen soos stofsuig. Terwyl jy dit doen luister na mooi musiek in jou gedagtes, teken cartoons in jou kop, ens.
- Geniet meer die mooi van elke dag! Ruik weer die rose, sien weer die sonsopkoms met emosie, geniet jou kinders… Soek vir hierdie gelukkige oomblikke!
- Leef ‘n toegewyde christelike lewe. Toegewyde christene is gelukkiger en leef langer.
- Kyk na jou liggaam (oefening en meditasie)en jou gees (verander jou mindset soos in vorige artikels gesê). Word dus meer emosioneel intelligent. In die volgende artikel gaan ons spesifiek oor die stress as ‘n moordenaar van geluk gesels.
- Kry weer doelwitte wat jou opgewonde en gelukkig maak en doen dit! Reis na Rome en bestudeer argitektuur, loods ‘n projek vir straatkinders, word die vonkelvrou van jou dorp…. Die hartseer is nie dat ons nie ons doelwitte bereik nie, maar dat ons nie meer doelwitte en drome het nie!!
Toe! Spring nou aan die werk! Toets jouself, kies 3 van hierdie intervensies, doen dit vir 3 maande, toets jou weer en sien hoe jy ’n gelukkige emosionele intelligente sieraad geword het! Sterkte!
|
03 Mei 2012
EGPAREKAMP
Emosionele Intelligensie
19-21 Oktober 2012
Emosionele Intelligensie met Pieter van Jaarsveld
Kontak Esther Blackaller - Kantoor vir Vrouelidmate
Tel: 021 808 9060 of
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
|
03 Mei 2012
Skryf in vir 'n jaar se Interaksies
Enkelintekenaar teen slegs R45 of Saam met jou gemeente teen slegs R40
|
03 Mei 2012
Amanda Kruger-van Deventer gesels in die volgende 3 Interaksies met ons oor hoe ons as vroue ander vroue kan dra en ondersteun …
Die skoonheid van 'n roos kom tot volle prag deur die bystand van haar gesonde groen blare. Die blare van 'n roosboom is soos die hart en longe van 'n mens. Hoe gesonder, sterker en groener die blare is, hoe mooier is die roos. Die blare verleen dus bystand aan die roos. (Ludwig Taschner)
Vroue is vir my soos pragtige bosse blomme. Elke bos blomme het haar eie unieke persoonlikheid. Haar eie unieke geur wat ruik na lelie, roos, mirre, aalwyn, kassie, safraan, appel, kaneel, soetdoring, lenteblomme of balsemolie. Elke vrou is, uit genade, 'n heerlike vreugdevolle ruiker wat die liefdegeur van Jesus se Verlossing kan uitdra aan ander vroue in ons land, en ook wyer deur die wêreld. Ons woon in 'n land met vele geloofsdenkrigtings. Jesus, deur sy kruisdood en opstanding, laat ons gelowige Christenvroue se blomstele ryklik drink uit die bron van helder Lewegewende Liefdewater vol van sy genade.
As Christenvroue kan ons 'n verskil maak, want ons het vir Jesus. Ons staan bymekaar. Ons verleen bystand aanmekaar net soos die blare van 'n roos aan die roosknop. Ons kan “by-staan” en luister (Ps 141:1+2), “saam-staan” in lag- en huiltye (Ps 71:23 / Ps 126:5+6), “oorleun-staan” in versorging, vertroeteling, koestering en bederf (Hebr 13:5 / Ps 138:3 / Jer17:14), “om-staan” in drukkie-gee-vol-insig-en-begrip (1 Tess 5:17 / Fil 4:6+7), “voor-staan” in beskerming en saamloop (Ps 121 / 2 Tess 3:3 / 2 Tim 4:18), “onder-staan” in optel en dra (Luk 1:37 / 2 Kor 12:9), “buig-staan” voor God, ons Vader, Jesus Christus ons Verlosser en die wonderwerkende Heilige Gees (Ps 37:4-6 / Ps 150).
Saam is ons vlindervlerkvry in Jesus. Uit God se genade versprei ons saam Jesus unieke geur van genade. Volgemaak met die Heilige Gees se arendvlerkkrag staan ons bymekaar. Verleen ons bystand aanmekaar soos wat die Skrif dit uitspel in o a Spr 11:30, 1 Pet 3:11+15 en 2 Tess 3:5.
Volgende kwartaal gesels ons verder oor vriendinne ...
|
|
Vriendinne Saamgebind deur God se hand Deur die jare voeg Hy by Nooit sal jy staan met 'n leë hand (deur Jolene vd Berg) |
|
03 Mei 2012

Skryf in vir 'n jaar se Interaksie
Enkelintekenaar teen slegs R45 of Saam met jou Gemeente teen slegs R40










